Developing the characters of a story means looking at every aspect. When we starting speaking to Bertie Louw, we were very excited about the idea to make use of hand crafted pipes (smoke) for a specific character and he came onboard.
Read below from himself Wat de hel is steampunk moes ek myself afvra toe ek maande gelede by my suster daarvan hoor! Ek het bietjie gaan opsoek en volgens wikipedia en Steampunk Wikia is dit 'n neo-Victoriaanse wetenskapfiksie sub-genre geïnspireer deur post apokaliptiese elemente van 19de-eeuse stoom masjiene, spekulatiewe fiksie, retro-toekomstige uitvindsels ensomeer. Liewe genade, dit prikkel die brein! Hier op eie bodem is daar 'n vars stoompunk fliek aan die broei met sterk elemente van oosterse- en realiteits gebaseerde gevegskunste! Spelonk, die aksie belaaide post apokaliptiese verhaal van 'n alleenlopende skollie jagter, Danté se pelgrimstog oor 'n verskroeide aarde. Konflik, hongersnood en siektes is aan die orde van die dag. Oral skuil die berdreiging van gewentenlose bendes wat nou groot dele van die land beheer. Suid-Afrika is 'n onleefbare plek na die apokalips. Dis nie 'n tyd vir alleen wees nie, maar dis al weg wat Danté ken... My goeie vriend, Eric Uys vertolk die hoofrol - die dat ek om meer te wete te kom hul Facebook blad en ook onlangs hul FB groep begin volg het. So met my alewige aanmerkings het Desmond Denton van IMAGENHEART, die regiseur my gekontak en ons het aan die klets geraak. Hy het my die geleentheid gebied om twee pype vir die fliek te maak. Siende dat dit 'n stoompunk fliek is met 'n sterk Afrikaner-Boer element sal ek baie kreatief moet dink Alle voorspoed met jul baanbrekers film aan Desmond en die span by Spelonk. Dis 'n eer om deur julle betrek te word en ek sien met opgewondenheid uit na die vrystelling!
0 Comments
Leave a Reply. |
AuthorThis page is to share the news, articles and exciting developments of the spelonk film and series Archives
July 2016
Categories |